Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Amerikaanse Rewolusie | |||||||||
Die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog | |||||||||
| |||||||||
Strydende partye | |||||||||
Verenigde State Frankryk (1778–1783) Spanje (1779–1783) Nederland (1780–1783) Co-oorlogvoering |
Koninkryk van Groot-Brittanje Braunschweig-Lüneburg Hertog van Braunschweig Waldeck | ||||||||
Aanvoerders | |||||||||
George Washington Nathanael Greene Horatio Gates Richard Montgomery (†) Daniel Morgan Henry Knox Benedict Arnold Friedrich Wilhelm von Steuben Gilbert du Motier Comte de Rochambeau Comte de Grasse Duc de Crillon Bailli de Suffren Bernardo de Gálvez Luis de Córdova Juan de Lángara Hyder Ali Tipu Sultan |
Lord North Sir William Howe Thomas Gage Sir Henry Clinton Lord Cornwallis Sir Guy Carleton John Burgoyne George Eliott Benedict Arnold George Rodney Richard Howe Sir Hector Munro Wilhelm von Knyphausen Joseph Brant | ||||||||
Sterkte | |||||||||
35 000 VS-Amerikaanse soldate 44 500 milisie 5 000 matrose[1] 34 skepe (1779)[2] 53 skepe[1] 10 000 Franse soldate in die Amerikas ~60 000 Franse en Spaanse soldate in Europa |
56 000 Britse soldate 78 skepe in 1775[1] 171 000 matrose[3] 30 000 Duitse soldate[4] 50 000 lojaliste[5] 13 000 Indiane[6] | ||||||||
Ongevalle en verliese | |||||||||
±50 000 VS-Amerikaners dood of gewond ±6 000 Franse en Spanjaarde in Europa |
±20 000 Britte dood of gewond 19 740 matrose dood[3] 42 000 matrose gedros[3] 7 554 Duitsers dood |
Die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog (Engels: American Revolutionary War of American War of Independence) was 'n oorlog in Noord-Amerika tussen die 13 kolonies en die Koninkryk van Groot-Brittanje, wat op 19 April 1775 met die Amerikaanse Rewolusie begin het en op 3 September 1783 met die Vrede van Parys geëindig het. Tydens die oorlog is die Verenigde State van Amerika op 4 Julie 1776 gestig, wat Groot-Brittanje later met die Vrede van Parys erken het.
Die Amerikaners het geglo dat dit onregverdig is om aan Brittanje belasting te betaal, aangesien hulle geen verteenwoordiging in die Britse parlement gehad het nie. Wedersydse ongelukkigheid het tot die Bostonslagting en die Boston Teeparty aanleiding gegee, wat uiteindelik tot 'n volskaalse rewolusie geëskaleer het. Genl. George Washington het die Amerikaanse magte gelei.
In 1778, 1779 en 1780 het die Europese magte Frankryk, Spanje en Nederland met die ondersteuning van die rewolusie begin, wat die oorlog tot 'n globale konflik verhef het. In Februarie 1782 het Spanje Port Mahon op die eiland Menorca verower, terwyl die Spaanse beleg van Gibraltar misluk het. Groot-Brittanje het in dieselfde jaar die Deense en Nederlandse Goudkus (die huidige Ghana) beset. Daarop het Franse troepe in die Nederlandse Kaapkolonie geland, om tesame 'n Britse aanval af te weer.[7] Die poging, om die Rewolusie na die Britse gebiede Florida en Quebec uit te brei, was nie suksesvol nie, maar Spanje het Florida van Groot-Brittanje verower.
Die oorlog is in 1781 beëindig nadat die Britse magte oorgegee het, en in 1783 is die Vrede van Parys onderteken. In hierdie vredesooreenkoms word die gebied van die onafhanklike VSA erken, begrens deur die Britse Kanada in die noorde, die Spaanse Florida in die suide en die Franse gebiede wes van die Mississippirivier. Met 'n wyer internasionale vrede is ander gebiede tussen die Europese magte uitgeruil.